Beschrijving
Izak Louis de Villiers het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk. Hy is berymer van 69 gesange in die nuwe Liedboek van die Kerk en was ook medewerker en -berymer van die Gesangboek van 1978. In 1982 word hy redakteur van Sarie en in 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en lid van die direksie van Rapport-Uitgewers. Sy gereelde politieke rubriek “Sondag met Izak de Villiers” is wyd gelees, asook die politieke hekelrubriek, Pollux, wat hy tot 1997 hanteer het. Vier digbundels het reeds van De Villiers verskyn ‘Leitourgos, Gelykenisse en ander verse, Leviet en Vreemdeling en Jerusalem tot Johannesburg.
Verskeie pryse is aan hom toegeken, onder andere die D.F. Malan-medalje (vir diens aan die Afrikaanse taalgemeenskap) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2002. In 2003 ontvang hy die Best Publication Award van die Christelike Boekhandelaarsvereniging en in 2005 die Goue Toekenning van dié vereniging.
Die digbundel Jerusalem tot Johannesburg is met die MNet-prys vir Poësie (2006) bekroon. Sy jongste digbundel Vervreemdeling, verskyn in 2008 by Tafelberg uitgewers.
Auteur: | I.L. de Villiers (1936- ) |
ISBNr: | 0624011739 9780624011736 |
Beoordelingen
Er zijn nog geen beoordelingen.